Visie
Elke leerder realiseer sy/haar volle potensiaal en is by skoolverlating gereed vir die volgende fase in sy/haar lewe.
Ons Missie
- Die skool word op alle vlakke en terreine in terme van deeglik geformuleerde, geskrewe beleid bestuur.
- Kwaliteit onderwys is die hoogste prioriteit en sal nie ingeboet word nie.
- Slegs die beste onderwysers word aangestel.
- Waar moontlik word onderwyser- en leerderdeelname aan aktiwiteite op alle vlakke en terreine gefasiliteer.
- Maksimale gemeenskapsbetrokkenheid word nagestreef.
- ‘n Gebalanseerde en gelukkige leerder te vorm wat ‘n positiewe bydrae tot die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap sal lewer.
- Om soos ons leuse te strewe om steeds hoër en beter te presteer.