FD Ondersteuners

Laerskool FD Conradie is ‘n skool wat met trots die eenheid en samewerking tussen leerders, onderwysers, en die gemeenskap bevorder. Ons nooi graag alle ouers, oudleerders en ondersteuners uit om hierdie eenheid te versterk deur ons skool se spesiaal ontwerpte klerasie en items aan te skaf. Dra ons kleure met trots saam met Hammie, ons skool se geliefde maskot, en wys u ondersteuning vir ons pragtige dorp en skool!

Ons bied ‘n verskeidenheid van produkte aan wat slegs op bestelling beskikbaar is, aangesien ons geen voorraad by die skool se klerebank hou nie. Die items wat tans beskikbaar is, sluit in plakkies, ‘n praktiese sak, ‘n stylvolle hoed, ‘n nuttige sambreel en ‘n kwaliteit reënbaadjie.

Moedig ons skool se gees aan deur deel te neem aan ons eenvormigheidsinisiatief.

Bestelvorm

Plakkies R150

Sakke R30

Sambrele R400

Reënbaadies R750

Indien u meer as een item of grootte wil bestel, spesifiseer dit asb hieronder:

Voorbeeld: 2 x Hoedens ONE SIZE