Redenaars

Redevoering skep vir leerders die geleentheid om hul standpunt voor ‘n gehoor te stel. Leerders moet hul eie menings en argumente formuleer en met selfvertroue ander mense tot hulle standpunt oorreed.

Deur blootstelling aan redevoering, ontwikkel leerders kreatiewe en logiese denke om hul eie argumente en menings te formuleer, asook om krities te luister en te lees.

Eisteddfod

Ons neem elke tweede jaar deel aan die Eisteddfod. Leerlinge kan deelneem in die verskeie kategorieë o.a. voordrag, spreekkore, koor, musiek, sang, ens.

Musiek

Iets waarna almal uitsien is die sangles wat een keer per week vir elke klas aangebied word. Dit is onder andere waar ‘n deel van ons kulturele talente ontdek word.

Onderrig in klavier, blokfluit, kitaar en viool word aangebied. Kwaliteitonderrig word gegee deur ‘n gespesialiseerde musiekonderwyseres. Let wel, onderring van musiek word teen ‘n addisionele fooi aangebied.

Junior en Senior Kore

Die skool beskik oor ‘n Junior Koor (Gr. 1 – 3) en ‘n Senior Koor (Gr. 4 – 7).

Leerders word gekeur aan die hand van ‘n stemtoets wat alle belangstellendes moet aflê.

Die Koor oefen weekliks en tree graag by spesiale geleenthede op soos bv. Feeste, die Eisteddfod, Opedae, Prysuitdelings en ander gemeenskapverwante aangeleenthede.

Die doel van die Koor is om die sangtalent van leerders te ontgin en te ontwikkel. Aangesien dit ons missie is om leerders holisties te ontwikkel, is die Koor van onskatbare waarde, want dissipline, deursettings-vermoë en uithouvermoë word aangeleer.