FD Conradie Sport

Ons fokus is daarop gerig om leerders nie net akademies toe te rus nie, maar ook blootstelling te gee aan sport en die natuur.  Ons kweek die liefde vir sport van jongs af. Emosioneel en fisies is dit baie voordelig en bo en behalwe alles, bevorder FD Conradie van jongs af goeie sportmanskap.

Sportsoorte wat by Laerskool FD Conradie aanbied word, word vanaf Gr 1 – 7 aangemoedig en sluit in hokkie, netbal, rugby, tennis, atletiek.

Leerders kan ook aan addisionele sportsoorte deelneem wat privaat in en om ons omgewing aangebied word.

FD Conradie se sport word aaneenlopend deur die jaar aangebied en vir gerieflikheid, vind alles op een terrein plaas.

Die enigste verwagtinge is dat leerders nog kind-wees sal ervaar, deelname met ‘n positiewe gesindheid sal geniet met ‘n positiewe gesindheid en goeie sportmanskap sal ontwikkel. Ons is baie trots op leerders wat uitsonderlik presteer, dit vereis harde werk en deursettingsvermoë.

Afrigters woon sportklinieke by waartydens ons ons standaarde en vernuf meet aan die van ander.

Sporttoere/ toernooie bly altyd ‘n hoogtepunt vir ons leerders en juis daarom bied ons soveel moontlik geleenthede vir deelname.

Ons skool is al deur menige atlete en sportspelers by streeksproewe verteenwoordig en meer as net ‘n handjie vol het ook al hulle merkie gelaat by die Boland-, Noord-Boland, Witzenberg, WP en selfs SA spanne.

Reëlings

  • Leerders word aangemoedig om aan somer- en wintersport deel te neem.
  • Op reëndae moedig ons steeds die leerders aan om hulle sportklere in te pak ingeval dit ophou reën.
  • Indien daar ‘n rede is hoekom ‘n leerder nie in sportdrag oefen nie, word ander klere soortgelyk aan die regte uniform toegelaat.Indien ‘n leerder nie die regte sportklere aan het nie, word daar vereis dat sy/hy weer skoolklere aantrek indien hy/sy van publieke vervoer gebruik maak.
  • Leerders moet asb. daarop let om verskoning te maak by hul afrigters indien hulle nie ‘n oefening kan bywoon nie.
  • Indien ‘n leerder vir ‘n wedstryd in aanmerking kom, sal hy/sy ‘n brief met al die inligting daarop by die laaste oefening voor die wedstryd ontvang.