Welkom by Laerskool F.D. Conradie

Laerskool FD Conradie is ‘n dinamiese en multi-kulturele laerskool geleë  aan die voet van die Waboomsberg, in Prince Alfred’s Hamlet . Omring deur vrugtebome, is dit die plek waar ons kinders die platteland ervaar.

Laerskool FD Conradie is ‘n Afrikaans Enkel Medium Skool. Hier is ons waardegedrewe en word ‘n kind in totaliteit opgevoed. Ons glo daarin om die verhouding, van leerlingtal tot onderwyser, so laag moontlik te hou vir optimale en sterk resultate.

Hier is vir elkeen ‘n plekkie om sy/haar identiteit uit te leef. Goeie ouer-onderwyserverhouding is vir ons belangrik en ons streef daarna om gelukkige kinders te vorm.

By Laerskool FD Conradie bied ons die volgende:

• Lae skoolfonds
• Busvervoerroetes wat insluit Ceres, Witzenberg en Koue Bokkeveld
• WKOD-Kurrikulum
• Vriendelike opvoeders
• Verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite
• Nasorgdiens
• Buitelugopvoeding en kampe

  • Baba Steggies (3mnde - 3jaar)

    Waar babas met koesterende liefde die geleentheid kry om in ‘n veilige hawe hulself optimaal te kan ontwikkel by uiters bekwame baba-kenners. Ons akkommodeer u kind reeds vanaf 3 maande.

  • Steggies (3-4 jariges)

    Ons is trots op ons 3 en 4 jarige kleuters. Met soveel liefde en glimlaggies is ons steggies werklik gelukkig hier in bekwame hande om volkome te ontwikkel en te groei!

  • Pre Graad R (4-5 jariges)

    Met liefde, sorg en passie vir kinders bied ons ‘n veilige omgewing waar u kind met selfvertroue sosiale, emosioneel en motories kan ontwikkel.

  • Graad R (5-6 jariges)

    Laerskool FD Conradie beskik oor ‘n puik uitgewerkte Gr. R kurrikulum van ‘n hoë standaard volgens die voorskrifte  van die WKOD vir informele onderwys. Assessering en evaluering word deurgaans gedoen en vorderingsverslae word kwartaalliks uitgegee.

  • Grondslag Fase (Gr 1-3)

    In die Grondslagfase het ons ervare onderwyseresse wat ‘n passie vir die onderwys het.  Daar word gepoog om op hoogte te bly met die nuutste verwikkelinge in die onderwys.

  • Intermediêre & Senior Fase (Gr 4-7)

    Ons berei u kind vir sy/haar toekoms voor met die fokus daarop om leerders toe te rus met die nodige kennis, vaardighede en ingesteldheid om goeie taalstrukture en wiskunde te kan toepas en om binne ‘n ekonomiese, komplekse samelewing aan te pas.

Woorde uit die Kantoor…

Geagte Ouer,

 Graag heet ek u baie welkom by Laerskool FD Conradie.  Een van die belangrikste keuses wat u as ouer seer sekerlik moet maak, is die keuse van ‘n skool vir u kosbaarste besitting, u kind.  Ek wil u geluk wens met u keuse.  Vind berusting daarin dat Laerskool FD Conradie meer as net ‘n skool is.  Met ‘n span uiters gemotiveerde onderwysers, puik infrastrukstuur en fasiliteite is ons gereed vir ‘n nuwe seisoen in FD Conradie se bestaan.

Net soos in die natuur waar daar seisoene is, is daar in mens se lewe en gemeenskap se groei ook seisoene.

In my hart is daar ‘n verwagting van ‘n nuwe seisoen wat vir my, vir die skool en die gemeenskap aangebreek het.  Die seisoen van voorbereiding vir iets groot.

By Laerskool FD Conradie kan elke kind groei tot sy/haar volle potensiaal, waar respek vir ander ‘n leefwyse is en waar omgee vir mekaar belangrik is.  Hier het u kind die geleentheid om sommer net kaalvoetkind te wees.

Mag u ervaring by Laerskool FD Conradie as ouer ook positief en opbouend wees.  Ons sien uit na u betrokkenheid en koester die verhouding tussen die skool en ouerhuis.  Ek wil u graag aanmoedig om deel te wees van u kind se nuwe seisoen in sy/haar lewe en deel te vorm van ons skoolgemeenskap.  Jy sal niks maai as jy nie saai nie, en dit is in verskillende seisoene.  Kom ons vat hande en saai hierdie seisoen met die oog op uitvoerprodukte.

Groete,

– Deon Labuschagne –
Skoolhoof

Personeel

Intermediêr- en Senior Fase

Grondslagfase

Steggies (Voorskool)

Hammie – Ons skool se gelukbringer!

Prefekte

v.l.n.r. Lukas Hanekom, Marnus Bothma, Daniel van Deventer, Heinz Rautenbach, Stiaan Mouton, Savannah Hendrikse, Kirsten Goosen, Alika van Dyk, Kheise-Colé Snyders en Liamari du Plessis.

Hoogtepunte

Kwartaal Dagboek

Kliek hier om kwartaal 1 se program af te laai.

’n Goeie kop en ’n goeie hart is altyd ’n formidabele kombinasie.
Maar wanneer jy ’n geletterde tong of pen daarby voeg, dan het jy iets baie spesiaals.

– Nelson Mandela –