Rapport Kodes

7Uitnemende prestasie
6Meriete prestasie
5Substansiële prestasie
4Bevredigende prestasie
3Gemiddelde prestasie
2Elementêre prestasie
1Nie bereik nie

Ons bied die vakke aan soos deur die WKOD voorgeskryf.

Assessering

By Laerskool FD Conradie word streng volgens beleid en voorskrifte van die WKOD onderrig en gekurrikuleer. Ons kurrikulum onderskryf die volgende:

  • Elke kind kan leer en sukses ervaar.
  • Sekere kinders benodig meer/minder tyd om te kan leer.

By Laerskool FD Conradie is alle klasse toegerus met skryfborde, projektors en internet. Dit bring die buite-wêreld na die klaskamer en maak die leerproses vir die kinders interessant en toepaslik. Ons onderwysers is professioneel, passievol en vriendelik en al ons leerders word van jongs af blootgestel aan ons skool se biblioteek en rekenaarsentrum vir optimale ontwikkeling.

Die Grondslagfase streef daarna om elke kind geborge en veilig te laat voel.   Dit is vir ons baie belangrik dat die klasse so klein as moontlik gehou word sodat elke leerder se potensiaal ten volle bereik kan word.
In die Grondslagfase het ons ervare onderwyseresse wat ‘n passie vir die onderwys het.  Daar word gepoog om op hoogte te bly met die nuutste verwikkelinge in die onderwys.

Hierdie is die vier Leerareas wat aangebied word:

  • Wiskunde
  • Afrikaans Huistaal
  • Eerste Addisionele Taal
  • Lewensvaardigheid

Skoolwerk word kwartaaliks geassesseer d.m.v. Formele Assesserings Take vir elkeen van die bogenoemde leerareas. Aan die begin van elke kwartaal word daar ‘n Assesseringsplan uitgereik aan u waarop die datum vir elkeen van die Formele Assesserings Take aangedui word.

Let wel – Verslae word kwartaaliks uitgereik en is gebaseer op ‘n 7-kode skaal.

Gr. 4-6 leerders ontvang, volgens die KABV, onderrig in ses vakke en Gr. 7 in totaal nege vakke

Kwartaal 1 en 3 volg die leerders ‘n Toetsreeksroooster. Kwartaal 2 en 4 word ‘n Eksamenroostes, wat die werkafbakening bevat, vroegtydig aan Gr. 4–7 leerders beskikbaar gestel.

Deurlopende assessering verseker dat opvoeding en onderrig van ‘n hoë kwaliteit is en dat leerder, opvoeder en ouer op ‘n deurlopende basis op hoogte gehou word van ‘n leerder se vordering. Verslae word aan die einde van elke kwartaal uitgereik. Na ontvangs van die kwartaallikse verslag het die ouers geleentheid om ‘n onderhoud met die opvoeder te reël ten einde die verslag te bespreek.

Assessering en verslaggewing geskied volgens ‘n 7-kode skaal.