
Welkom by
Laerskool
FD Conradie
Waar kinders nog kind kan wees.

STEGGIES
Waar babas en kleuters met liefde omvou word en die geleentheid kry om in ‘n veilige hawe, hulself optimaal te ontwikkel by uiters bekwame kenners. Ons akkommodeer u kind reeds vanaf 4 maande.

GRONDSLAGFASE
In die Grondslagfase het ons ervare onderwyseresse wat ‘n passie vir die onderwys het. Daar word gepoog om op hoogte te bly met die nuutste verwikkelinge in die onderwys.

INTERMEDIêR- EN SENIORFASE
Ons berei u kind vir sy/haar toekoms voor met die fokus daarop om leerders met die nodige kennis, vaardighede en ingesteldheid toe te rus, om goeie taalstrukture en wiskunde in die samelewing te kan uitoefen.

NASORG
Elke dag na skool bied ons addisionele nasorgdiens vir diegene wat laat werk, aan.
Ons nasorgdiens se personeel help die kinders met huiswerk en hou hulle besig met verskeie speletjies en aktiwiteite.

Uit die hoof se kantoor
Geagte Ouer
Dit is vir my ’n groot voorreg om u en u kind hartlik welkom te heet by Laerskool FD Conradie. Die keuse van ’n skool is een van die belangrikste besluite wat ’n ouer ooit neem – dit is immers die plek waar u kind elke dag groei, ontdek, speel en gevorm word. Baie geluk met u besluit om deel van ons skoolfamilie te word.
FD Conradie is méér as net ’n skool. Dit is ’n plek waar klein drome begin vorm kry, waar potensiaal raakgesien en ontwikkel word, en waar elke kind waardevol is. Met ’n toegewyde span onderwysers, uitstekende infrastruktuur en moderne fasiliteite, stap ons met opgewondenheid hierdie nuwe seisoen in ons skool se geskiedenis binne.
Soos die natuur sy eie seisoene het, beleef ’n gemeenskap dit ook. In my hart leef die oortuiging dat ons as skool en gemeenskap nou in ’n nuwe, opwindende seisoen staan—’n tydperk van groei, voorbereiding en nuwe moontlikhede.
By Laerskool FD Conradie glo ons dat elke kind die ruimte moet hê om op hul eie unieke manier te floreer. Hier leer kinders saam, lag saam en leef saam. Ons koester ’n skoolkultuur waar respek, vriendelikheid en omgee deel van ons alledaagse lewe is—’n plek waar jou kind steeds net ’n kind kan wees.
Mag u pad saam met ons as ouer net so positief wees. Ons waardeer ouerbetrokkenheid en glo vas dat ’n sterk vennootskap tussen huis en skool die fondament vir u kind se sukses lê. Ek wil u aanmoedig om aktief deel te word van hierdie nuwe seisoen in u kind se lewe, en saam met ons te bou aan ’n skoolgemeenskap waarop almal trots kan wees.
Ons oes is altyd ’n weerspieëling van wat ons saai. Laat ons dus hande vat, met visie en hoop, en saam hierdie seisoen goed en betekenisvol maak.
Vriendelike groete
Deon Labuschagne
Skoolhoof


Om die graad 1-3 assesseringsprogram af te laai, klik op die onderstaande knoppie.
Om die graad 4-7 assesseringsprogram af te laai, klik op die onderstaande knoppie.
Om die skoolfonds en ander gelde te besigtig, klik die onderstaande knoppie.



Om die kwartaalprogram af te laai, klik op die onderstaande knoppie.






